About Petru Jens

Petru Jens Executive Distributor, SAiCS
Transforming Yourself

Soos soveel ander het die Resessie wat SA getref het rondom 2012 my en my salon ook hard getref.

Dit was nodig om n addisionele inkomste te genereer om die salon se deure oop te hou.

Na omtrent n jaar se soek het ek n advertensie van Lydia op Facebook gesien waar sy verslankings produkte adverteer het asook dat agente benodig word.

Ek het eers n produk bestel en groot was my verbasing oor hoe goed Saics se gewigsverlies paket vir my gewerk het.

Ek het Lydia genader om n agent te word en dit was die begin van my pad saam met Lydia en Saics

Dit was die 1ste keer wat ek Saics se produkte gebruik het. Ek het destyds 7 kg in 2 maande verloor
Dit was die 1ste keer wat ek Saics se produkte gebruik het. Ek het destyds 7 kg in 2 maande verloor

n Paar maande later kon ek aansoek doen om n verspreider te word en het begin om n span onder my aan te stel.  Die besigheid het gegroei tot waar ek vandag geen bekommernis meer het oor finansies nie.

Soos ek graag se – Nou het ek keuses en hoef nie ja te se omdat ek geen ander keuse het nie. En die besigheid groei steeds.

Wat het Saics vir my gedoen?

Ek kon n deposito vir my huis neersit binne 5 jaar.

Nou kan ek vir my kind koop wat nodig is sonder om tien keer n Rand om te draai.

Al my skuld is so te se klaar betaal

Ek werk in die gemak van my eie huis en het nou tyd om kwaliteit tyd saam met my kind te spandeer.  Dis so n voorreg om die tipe tyd saam met my kind te kan spandeer en nie iemand te betaal om na haar om te sien terwyl ek moet werk nie.

Laaste spog foto

3 Jaar terug moes ek Chemo kry en het geweldig gewig op getel as gevolg van die chemo en die medikasie agterna.  Na ek deur alles is en die kanker in remissie , het ek weer Saics se gewigsverlies pakette gebruik en nie net het die gewig af gegaan nie maar ek gebruik van die produkte permanent in die plek van medikasie.

n Laaste Spog Foto
n Laaste spog foto

Ek dank my Here dat Hy Saics en in die besonder Lydia oor my pad gestuur het.  Nooit het ek gedink dat n ekstra inkomste my lewe so handomkeer sou verander nie.